Die prys wat jy in munt betaal.

Gestel ek hou by my beter eetgewoontes en sny alle peusel en gemorskos uit vir die volgende twee jaar.  (2 jaar vir sommetjies doeleindes, ek is nie van plan om ooit weer so te eet nie.) Die volgende is kos wat teveel geeet was, peusel kos, dit het nie ‘n gewone maaltyd vervang nie! Dis bloot onnodig geeet. Oor die volgende 25 maande of 112 weke of 730 dae gaan ek nie;

Ten minste een keer per week was dit ‘n Steers Combo burger ( R38 elk x112 weke = R 4 256)

Twee keer per week ‘n pastei (R12.50 x2 x 112 weke = R2 800)

en eenkeer per week ‘n toasted sandwich (R15 x112 weke =R1 680)

Vrydae was pizza aande ‘n large debonairs met ekstra toppings (R70 x112 = R7 840)

Elke dag het ek ‘n blikkie coke/fanta 330ml gedrink (730dae xR6.5 per blikkie = R4 745)

2 Liters Coke of ander 2x per week = (R12 per 2 liter x2 x112 =R2688)

Elke dag het ek ten minste twee pakkies Simba chips geeet 2×730 =1460 pakkies 30g =43 kg chips elk bevat 16g vet =23 kg vet R3.5 x2 x730 =R5 110

Elke dag is een BAR ONE of Snicker geeet teen 50 g =36 kg bar ones @R6.5=R4745

Totaal wat ek in twee jaar behoort te spaar nevermind vermors het die afgelope paar jaar;

R33 864 Skokkend!!!  Hoeveel gemors eet jy?

Kyk hierna

4 koppies koffie ‘n dag met twee suikers en twee tee lepels suiker oor jou ontbyt graankos.

=10 teelepels suiker per dag x 7.5 ml (ek skat dis die volume van ‘n opgehoopte teelepel as die volume van ‘n gelyke tee lepel 5 ml is.) 75ml x 730 =54 liter suiker in twee jaar.!!!!

2 Responses

  1. Jou blog is ‘n inspirasie en aanmoediging … dankie en hou so aan !

  2. Dankie Anna.

Lewer kommentaar op williewragtig Kanselleer antwoord