Operasies vir vet

‘n Vraag van ‘n leser het my diep getref en ek het besluit om dit as ‘n blog inskrywing daarop te antwoord.  Ek dink ek verstaan iets van die desperaatheid van die persoon.Die vraag was;

“Ek weeg 141.5 kg en het alles al gebruik en probeer doen om gewig te verloor. Internis het gesê dat ek aan obesitie ly. Ek sal graag meer wil weet oor die operasies wat hulle doen om mense soos ek te help. Dieet en oefening is nie eers n opsie nie. As julle my kan help sal ek ewig dankbaar wees.”

Ek kan nie meer beklemtoon dat hierdie blog gaan oor gesond leef, gesond eet en n gesonde geestestoestand nie. Ek lei ook aan obesity of vetsugtigheid. As jou BMI groter is as 40 word jy as ‘n klas 3 Obese persoon geklassifiseer, dis erg vetsugtig. Die toestand plaas jou in die hoogste vlak van risiko om ernstige chroniese siekte toestande op te doen soos hart siektes, diabetes ens.

Vetsugtigheid is ‘n siekte toestand en moet medies behandel word. As jy alreeds ‘n Internis besoek het sal ek neem aan dat die alreeds vir jou behandeling voorgeskryf het.

Operasies om gewig te verloor is ver buite die bedoeling van die blog en ek glo GROOT risikos en moontlike komplikasies gaan daarmee saam. (Laas Sondag was daar ‘n insetsel op Carte Blanche ) ‘n Mediese spesialis soos jou internis behoort jou hiermee raad te gee. Ek glo dat operasies slegs gedoen sal word indien jou lewe in oombliklike gevaar is weens jou obesiteit of dat jy drastiese gewig moet verloor sodat ‘n ander lewensnoodsaaklike operasie gedoen kan word.

Die ander baie belangrike aspek wat jy sal moet aan dink is die volgende; Daar bestaan ‘n Obese persoonlikheid , daar is ‘n besliste sielkundige aspek wat waarskynlik aanleiding gee tot jou oorgewig en dan verder weens jou oorgewig net vererger.

Ek was ‘n kompulsiewe eter, ‘n emosionele eter. Ek het geeet as ek gefrustreerd was , ongelukkig, verveeld, en dan selfs as as gelukkig was of as ek iets goed gedoen het het ek dit gevier met eet.  Baie persoonlikheids probleme gaan hiermee saam, swak selfbeeld as voorbeeld.  So indien jy nie die sielkundige probleem aanspreek nie gaan geen operasie jou help nie.

Ons is nie ongelukkig omdat ons vet is nie, Ons is vet omdat ons ongelukkig is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: