My storie

Die blog handel nie net oor my stryd om gewig te verloor nie, dit gaan om ‘n algehele ommekeer poging na ‘n gesonde gebalanseerde lewenswyse. Dit vertel van my pogings om fiks en aktief te word, te leer reg eet, om my selfbeeld terug te kry , om ‘n positiewe en doelgerigte persoon te word. Ek wil weer ‘n kwaliteit lewe begin lei.

Hierdie is my storie. Ek vertel hoe ek probeer om te verander van ‘n erg vetsugtige, heeltemal onaktiewe en ongelukkige persoon.

50 Kg moet WAAI, Ek is 1.73 m en het op die ergste 137 Kg geweeg. Ek is dus erg vetsugtig. Sover is ek gelukkig gesond maar loop die ernstige gevaar om chroniese siektes soos hart siektes en diabetes op te doen.

n Bietjie meer oor myself:

Manlik, 43 jaar oud. Ek en Laksmi my vrou vir 7 jaar bly aan die kaapse oos kus met Lulu my Jack russel as gereelde stap geselskap op die strand. Geen kinders nie, Laksmi het 3 nou al uit die huis.

Ek het ‘n na graadse professionele rekeningkundige kwalifikasie en is hoogs besoldig in die finansiele veld. Tesame met die stress wat daarmee gepaard gaan.

My geliefkoosde ontspanning is die kuiers op die familie plaas in die Oos Vrystaat, waar my ouers boer. Verder is my belangstelling, goeie Afrikaanse literatuur en die digkuns,  Argitektuur , Bonsai ,internet skaak, my Xbox360 Genealogie, die Boere oorlog, Boedisme, waag ‘n helpende hand in Laksmi se besigheid, Luister Musiek van Rolling stones, U2, Amy winehouse tot Anton Goosen en die gewone braai, rugby en sonskyn dinge.

%d bloggers like this: