Vordering

Week 8 is eers more verby maar ek kon nie wag nie en het sommer al my twee weeklikse skaal opgedateer.

8 weke Totaal verloor 5.7 Kg

Ek voel uitstekend Dankie vir my ondersteunings span en die bloggers en mense wat ek met die blog sover ontmoet het.

Stuur gerus vir my ‘n e mail na williewragtig@gmail.com

Ma, ja Maaaaa ek weet.

Laksmi wat my elke dag bystaan en ondersteun. Die vrou en persoon waarsonder ek nie sal kan lewe nie, ek is so innig lief vir jou my love. Ek doen dit vir jou ook.

Dokter wat gese het Mr Wragtig daar is geen niks medies fout met u nie,  jy sal nie ‘n hart aanval kry nie. Jy het my permissie om te oefen so wat jy wil!

Gym instrukteur, Wanda wat geen kak vat nie. kom kom kom nog een!! Erger as my korporaal  destyds met diensplig in die weermag.

Dieetkundige wat my dieet dagboek so gekyk het en gese het; Mr Wragtig vir ‘n vet mens eet jy maar min.

Sielkundige vir wie ek nog bietjie skrikkerig is.

Lulu, wie se stert altyd vir sy vet baas waai en al die stappies baie geniet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: