Kos Kos Kos!

Dieet

Ek glo baie keer is die probleem met dieet juis dit; KOS.  Mense gaan op ‘n dieet en oombliklik is alles gefokus op wat hulle mag eet en nie mag eet nie, wat hulle nou moet eet en wat die dieet voorskryf. Dit is porsies afweeg en bestandele koop vir al die snaakse resepte en gesonde konkoksies  wat in die program aanbeveel word.

Kortom ‘n totale ontwrigting, nie net vir jouself nie maar die hele huishouding. Die gevolg is ‘n konstante beheptheid met die dieet en KOS. Juis dit wat aanleiding gegee het tot jou oorgewig word nou die fokus punt van jou poging om gewig te verloor. Dit is nie lank nie dan is dit net ‘n spul moeite en word die dieet laat vaar.

Ek het gevind dit is baie makliker vir my om volgens ‘n paar beginsels te werk te gaan. Ook, al was dit effens drasties, eerder my omgewing so te verander dat peusel en gemorskos nie binne my bereik is nie.  So  sal ek reg eet sonder om te veel te sukkel met fyn detail van meet en weeg en snaakse kosse of resepte.

Hier is ‘n paar dinge wat ek nou al aangeleer het:

  1. Begin elke dag met ontbyt. Ek eet All bran of oats en klein yoghurt.
  2. Laksmi pak my kos in werk toe vir die dag, dan weet ek alles is reg vir die volgende 4 klein etes.
  3. Ek eet gewone kos soos altyd, behalwe klein porsies ,geen tweede skeppies nie,  nie Laksmi se halwe bord oorskiet nie of later die aand terug in die kospotte in nie.
  4. Eet twee vrugte elke dag.
  5. Die huis is leeg gemaak van alle peusel kos en lekkernye soos koekies,  kouevleis ens alles moet gaar gemaak word as jy wil eet. Ek dra geen kontant rond nie, so ek kan nie by die werk gemors koop om in my mond te druk nie.
  6. Ek vermy baie suiker en vet en olie, ook met die voorbereiding van die kos.
  7. Ek het nie ‘n uitgewerkte menu nie.

Dit mag drasties klink om jou koskas van alle peusel goed leeg te maak of nie geld (ek los my beursie en alles by die huis) werk toe te neem nie. Maar na so twee weke was my gewoontes gebreek om elke tee tyd middagete of na werk op pad huis toe goed soos chips, droe wors stokkies, Bar one, pies ens. te koop. Ek vind nou dat die provitas weer terug sluip in die koskas, ek nie meer die behoefte het om alles eenslag te verorber nie. Die kaas hou nou dae.  Die gewoonte is gebreek.

Ek het geen lus om ooit weer ‘n pakkie Simba chips in my mond te sit nie, of sooibrand te kry van ‘n pie en Coke nie. Ek het sewe weke laas sooibrand gehad!!!!!!

2 Responses

  1. Ek het vir jou ‘n e-mail gestuur, wil net hoor of jy hom gekry het? Net ‘n tip, kry elke dag jou dosis omega 3 in. Jou liggaam sal vet vashou as hy nie al sy vitamines ens inkry nie. Omega 3 is baie belangrik

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: