Week 7

Week 7

Dit het goed gegaan met die oefening die week. Ek het my afsprake met Wanda gereeld na gekom en drie Gym sessies gedoen. Ook ‘n paar keer met die honde gaan stap. Wanda het my Saterdag oggend bietjie buite die Gym gevat waar sy my ‘n lang stel trappe (18 -22 trapies) na die strand toe op en af laat doen het. Seker so ses sessies en toe nog  weer 4 wat sy my tyd geneem het. Ky k as ek vir enige iemand sê hoe fantasties dit voel om ‘n stel trappe uit te hardloop klink dit seker snaaks. 7 weke gelede kon ek skaars een gewone stel trappe uitklim sonder om te blaas en te hyg.  By die werk loop ek die trappe ewe flink op.Die totale ure opgelog vir oefening die week is 3 ure en 45 min.

Die etery het baie goed gegaan behalwe die bietjie kroek oor die naweek en dit was darem nie so erg nie. Die groot jammerte was dat ek nie my dieetkundige se tweede afspraak kon maak nie en sy kon my eers weer volgende week in pas. Nietemein kom ek goed reg en sukkel nie met die etery nie. Hier is min of meer my daaglikse dieet.

Laksmi pak vir my ‘n pakkie in werk toe vir ontbyt, middag ete en 10:00 en 15:00. Dis vier etes en dan by die huis eet ek aandete en dalk later iets lig.

My kospakkie bevat gewoonlik;

Ontbyt : 250 ml graankos of oats, twee vrugte, 100ml yoghurt een of twee, 200ml “baked beans”, toebroodjie of pasta  met hoender of tuna slaai.  Die baked beans klink dalk sleg maar dit het n baie lae GI en hou jou versadig en verskaf energie lank.

Aand ete is gewone kos die verskil is ek probeer so ver moontlik : Olie vermy, maer proteine(sny die vet van daai lekker tjoppies af) vermy romerige en kaas souse suiker en margerien oor groente ens uit., probeer altyd ‘n slaai en groente in werk. Dan is die porsie grotes belangrik. ‘n mens kan ooreet aan gesonde kos ook . Slegs vuis grote porsies stysel en groente skep genoeg in en vermy tweede happies. Proteine beperk tot so 200 gram

Later maak ek dalk n een sny toebroodjie, tuna slaai in ‘n klein bakkie of eet n yoghurt en vrug. Nou in die winter maak laksmi lekker sop sonder enige sop pakkies net groente.

So maklik soos dit. Dit is vir my makliker om binne ‘n paar reels te eet, eerder as een of ander vaste dieet met snaakse goed wat ek nog nooit gemaak het of waarvan die bestandele nie in die kos kas is nie.

Wel dit werk ek het wer 500g die week verloor. Ek is op doelwit teiken.

2 Responses

  1. Byt vas jy kan!!!!

  2. Dankie Elma. Dis nog ‘n ver pad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: