Dit gaan alles oor Kilojoules !!!

food_labelsVoedsel energie

Die joule is die Standaard Internasionale (SI) eenheid van energie.  Ten opsigte van voeding en voedsel energie soos op voedsel etikette gebruik word vind ons egter ook dat calorie (Eng.) of kilo –calorie gebruik word. Die woorde calorie en kilocalorie word losweg  gebruik en beteken dieselfde (‘n kilo -calorie is nie  1000x calorie  soos jy sou dink nie) ongelukkig heel verwarrend. Nietemin is een calorie of kilo-calorie gelyk aan 4.1868 kilojoules (kJ). Die kilojoule (kJ) word deur die Wereld Gesondheid Organisasie (WHO) aanbeveel as die enigste eenheid om op kos etikete te gebruik, maar tog word die calorie ook algemeen gebruik.

Die energie inhoud van voedsel word gemeet deur dit geheel te verbrand in ‘n calorimeter en dan die hitte wat dit vrystel te meet. Die voedsel se verteervaarheid vir die mens word dan in berekening gebring. Dit verskil vir verskillende tipes voedsel (suiwer suiker is bv. 95% en stysel 85%) Onverteerbare vesel het geen energie waarde vir die mens nie.  Dis hoe die kilojoule per gram (kJ/g) waarde op die voedsel produk wat jy koop se etiket kom.

Voedsel digtheid vir vet is 37 kJ/g en  proteiene en stysels 17 kJ/g, dus elke gram vet bevat omtrent dubbel die energie van ‘n gram stysel. Hier is  goeie skakel vir 1000 de voedsel soorte se inligting. Onthou om die calorie met 4 te maal om dit om te skakel na kJ.

Hoeveel minder moet ek eet of meer moet ek oefen?

Die voorgestelde energie innames vir volwasse mans is 10 000 kJ per dag en vrouens sowat 8 000 kJ per dag.  Die wissel na gelang van die persoon se aktiwiteits vlak en is ook minder vir kinders en ouer persone.

Ek wens dit was maklik om eenvoudige antwoorde te gee op vrae soos; Hoeveel Kg sal ek verloor as ek ‘n sekere tyd  lank oefen?  Hoeveel  minder kilojoules moet ek eet elke dag om ‘n Kg gewig te verloor?  Elke persoon is uniek en elke persoon se energie behoeftes verskil, jou  metabolisme en verskillende tipes metaboliese werkings, tipe weefsel of energie bron wat gemetaboliseer word, verterings effektiwiteit, tipe oefening (aerobiese of an aerobies) en talle ander dinge speel ‘n rol.

Orals op die web sal jy rekenaartjies (calculators) kry wat jou voeding en oefen inname en verbranding kan bereken en is gewoonlik gebasseer op ouderdom, gewig, lengte en aktiwiteits vlak. Kyk hierso www.ifitness.co.za

Die volgende is ‘n baie vereenvoudige aanname wat ek self uitgewerk het so neem maar met ‘n knippie sout.

Vet bevat 32kJ/g dus 32000 kJ per kilogram. Om ‘n kilogram vet te verloor sal jy 32000 kJ moet verbrand of minder in neem.  As jy verder die aanname maak dat net vet verbrand word.

‘n Harde gym sessie (30 min cardio en 30 min vloer oefeninge, my hart werk teen 135 slae/min gemiddeld 75-80% van maksimum) verbrand sowat 4228 kJ (volgens my Polar)  4000 kJ dit is slegs sowat 125 g vet.

Ander bronne gee aan dat ‘n uur se kardio werk vir ‘n fikse persoon sowat 500 calorie of 2168 kJ verbrand gelyk aan 60 g vet. Ek neem aan omdat ek so onfiks en vet is dat ek baie meer verbrand? Fikse mense se liggame verbrand energie dalk meer doeltreffend (efficient) Hoe fikser jy is hoe langer neem dit jou om jou hartklop binne 65-70% van sy maksimum te kry om die punt te bevestig.

So kom ons sê 12 ure se konstante harde oefen sal ‘n Kg vet “verbrand” Om dit in perspektief te stel 12 ure is die afsnypunt vir die comrades marathon, 9 ure ‘n brons medalje.

As ek aan neem dat ek ‘n iname van 10 000 kJ nodig het om elke dag te funksioneer sonder dat enige daarvan ekstra is en as vet gestoor word, dan sal ‘n verminderde dieet van 6000 kJ ( 4000 kJ minder) per dag ‘n vet verlies van 125 g te weeg bring dieselfde as 90 min se kardio by die gym.

One Response

  1. MY DROOM IS OM N MODEL TE WORD. EK SUKKEL OM MY LYF REG TE KRY. HELP MY ASB,EK HET NIE GELD VIR DIETE NIE. DANKIE ZANI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: