My Everest

Die berg klimmers wat Everest uitklim weet presies wat voorlê. Elke meter van daai meer as 8000 m berg se klim word vooraf beplan. Die hoeveelheid toerusting, kos, suurstof wat moet saam word haarfyn bereken. Hulle het geoefen en voorbereidings gedoen.. Ek dink nie hulle koester enige illusies nie, hulle weet wat se moed en geduld nodig is. Hulle weet hul lewens is op die spel en hulle weet die vreugde van oorwinning lê op die piek van daai reuse hoë berg. Ek is besig met my eie ekspedisie, ek beplan en bekyk alles van alle kante af. Ek wil onder geen wan induk verkeer nie. Wilskrag alleen bring jou nie tot op Everest nie, jy moet hom klim en jy moet weet wat dit gaan behels. Met my tong iewat onwetenskaplik in my kies het ek bietjie gaan sommetjies maak.

Hoe lyk 50 kg vet?

‘n Liter water weeg 1 Kg, ‘n Liter vet weeg 900 gram. Hieruit volg dit dat 50 Kg vet ‘n volume van 56 liter vol maak.

Om 56 liter te visualiseer kan jy ‘n 500 g blok margarien neem (een se volume is 0.468 liter). Hieruit volg dit dat 119 sulke blokke 56 liter sal wees

Jy kan ‘n hoop van 6 lae met elke laag van 18 blokke pak en nog 10 blokke bo op neersit. Dit is 36cm x36cm x 46cm

Hoe lank gaan dit my neem?

Teen die mees realistiese en haalbaarste en aanbevole tempo van 500 g per week gaan dit; 2 jaar, 25 in maande, 112 in weke of 730 dae wees.

Hoe hard moet ek oefen om 50 Kg te verloor?

12 ure se kardio vaskulere oefening sal ‘n Kg in vet verbrand.  Die afsny punt vir ‘n Comrades marathon is 12 ure , brons medaljes 9 ure. Ek moet 50 comrades marathons hardloop.

Om op die skaal te klim

Ek gaan myself elke oggend weeg, 4 keer per week in die gym en elke tweede week by die dieetkundige. Dit is (730 + 448 + 56) = 1234 keer. As elke inweeg sessie 10 sekondes duur gaan ek in twee jaar, ‘n totaal van  3 en half uur op en af ‘n skaal klim. Ek behoort 180g vet te verbrand terwyl ek dit doen.

Minder eet

Ek moet my dieet met 4000 kJ per dag sny. Dit is 2.9 miljoen kJ oor twee jaar. ‘n Gram vet bevat 38 kJ so dis gelyk aan 77 Kg vet wat ek MINDER moet eet as voorheen.

One Response

  1. Eish. Jy’t duidelik ‘n kop vir somme. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: