week 5 en 6

Week 5

Hoe minder gesê van week 5 hoe beter. Ek het nooit by die Gym uit gekom nie. Dit maak nie saak hoe besig dit gaan by die werk nie en al was ons hoe bedrywig by die huis en met die besigheid (Laksmi doen twee funksies vir 100 mense elk) Ek het te maklik ‘n verskoning gereed gehad. Ek sal net moet leer om nie deur die eerste bietjie stress of ontwrigting my oefen en dieet program te laat vaar nie. Ek moet plek inruim. Ek het darem my om die blok roete van 2.2 Km vier keer gedoen.  Gewig hang die hele week lank om 134 Kg wat my bietjie moedeloos het.

Week 6

Woensdag was my afspraak met die dieetkundige. Die eerste sessie is maar meestal ‘n uitvra en inligting inwin sessie. Sy het Mr Dokter se briefie gelees en was verbaas dat ek geen gesondheid probleme het nie. Ons het so bietjie gesels en geweeg. Volgende Donderdag (week 7) sal ek haar weer sien dan sal sy my dieet gereed hê.

Ek het vir die dieetkundige gevra oor ‘n sielkundige en sy beveel toe een aan. Ek het daarna ‘n familie lid wat ook ‘n sielkundige se raad gevra  en sy het binne die sielkunde kringe rond gevra en my een aanbeveel wat in my rigting sal kan help. Ek moet nog ‘n afspraak maak.

Ek is presies op my doelwit en verloor 500 g per week , ek staan op nou 133.1 Kg

2 Responses

  1. Aitsa…. Ek sien die skaal is al weer minder.
    Well done!!!!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: