Fiksheid met my polsslag monitor

Ek gebruik my Polar F5 met my oefen program. Dit is ‘n uitstekende hulpmiddel om die vordering met jou oefen program te meet en rekord van te hou.

Jy dra dit eenvoudig soos ‘n horlosie ( dit het horlosie funksies en as jy sou wou kan jy hom permanent dra , ek weet nie wat die fasionistas sal sê nie) en jy gord ‘n bandjie om jou bors wat jou hartklop meet en dit na die horlosie ding stuur. ( die hoef jy nou nie permannent te dra nie! maar dit gee my in elk geval die idee wat dit sou voel om ‘n bra strap om jou te dra,haha.)

Die teorie is dat jy verskillende voordeel uit jou oefening put as jy teen sekere tempos van jou Maksimum hartslag oefen. Byvoorbeeld teen ‘n lae intensiteit, 60-70 % van jou maksimum hartslag is goed vir gewigs beheer en verbeter stamina en kardiovaskulere fiksheid. , 70 -80 % is ‘n matige intensiteit is goed vir persone wat gereeld oefen en ook kardiovaskulere fiksheid. Hoë intensiteit is teen 80 – 90 % en jy sal vinnig asemhaal, moegheid en moë spiere ervaar, vir fikse atlete.

Jou maksimum hartslag kan op die eenvoudige ouderdoms formule bereken word Maksimum hartslag = (220 – ouderdom) myne is 220 – 43 = 177. (Onthou ‘n meer akkurate manier is as jou dokter ‘n “exercise stress test ‘ kan doen)

Soos ek hier sit en tik is my hartsslag 80 slae per minuut. Om voordeel te trek uit ‘n stappie moet ek my hartslag op kry tot 115 wat 65% van die maksimum is. Die polar beep as jy buite die sone oefen m.a.w. te min of te hard. ‘n Lui stappie om die honne op die buurman se lawn te laat k@k gee jou nie genoeg inspanning om jou fiksheid te verbeter nie.

Natuurlik rekord die Polar , jou totale tyd geoefen, tyd binne sone, kalorie verbrand per sessie. Asook jou BMI, myne “44.7 obesity”

Gisteraand het ek die Polar se “self walk test” gedoen. Jy doen ‘n 2 Km stap teen ‘n stewige pas. Die Polar meet dan Kardio respiratoriese fiksheid heng ek sal moet wiki op die een. Dis gebaseer op jou ouderdom, BMI en tyd vir die 2 Km en Hartslag aan einde van die 2 Km stap. Eintlik moet dit onder beheerde omstandighede gedoen word op ‘n gelyk oppervlak en nie soos ek terwyl die hond eers buurman se lawn snuffel en die buurvrou ‘n geselsie wil aanknoop nie. My resultaat “10” Nie 10 uit 10 nie. 10 soos in “very poor”

Die indeks vir my ouderdom is minder as 26 very poor en dan in intervalle van omtrent 5 , poor, fair, average, good, very good, en excellent is beter as 51

Ek sal die toets maandeliks of so doen en ek kan net verbeter. Kom !! Lulu baas se honne ons gaan stap! Kyk as ek die polar strappie vat en die tekkies vat dan kan my Jack russeltjie die piep kry van opgewondenheid, ek waag dit nie om nie te gaan nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: