Die mense wat jy in jou vertroue neem

Hierdie stryd is ‘n baie persoonlike ding. Jy sal moet besluit wat werk vir jou. Miskien verkies jy om die stryd alleen aan te pak. Dis nie lekker om almal se gedurige raad en opmerkings te hoor as hulle weet jy probeer gewig verloor nie. Miskien is jy bang vir die onafwendbare mislukking met die soveelste dieet poging en kan jy net nie iemand in die vertroue neem wat jy voel jy dan terleurstel nie.

Dit het my letterlik jare geneem om tot hier te kom. Ek was nog nooit regtig op ‘n dieet nie. (wel op ‘n oor eet) Vir baie lank het ek geweet ek moet iets doen, baie pogings op my eie. Baie keer by ‘n gym aangesluit om nooit te gaan nie. Baie tekkies gekoop en vir die tuinwerk gebruik. Baie ryskoekies en gesondheid beskuit gekoop en die hele pakkie onmiddelik opgeeet. Baie excel spreadsheets vol inweeg tabele gemaak. Ek was by sure slim R1800 vooruit betaal en nooit weer terug gegaan nie. Ek het al by twee ander gyms oa.Virgin active aangesluit en gou opgehou, weigh less probeer, ek was drie jaar gelede by die dieetkundige en twee keer gegaan. Haar dieet in tussen meer as telkemale begin en by die tweede dag opgehou. 15 jaar se nuwe jaars voornemens. Baie verleentheid, baie beloftes, baie self verwyte. Die kennis was daar. Ek het genoeg opgelees en het genoeg gesonde verstand. Ek is veral skepties en sal nie iets wat nie wetenskaplik nagevors is volg nie.

Laksmi pak elke oggend in my 6 pack cooler sakkie my dag se kos in. Vanoggend maak my kollega die opmerking ;
“ Sjoe pak jy nou al ‘n hele rugsak kos in werk toe”
Dit kom van een wat op sigarette en koffie funksioneer, my ouderdom is maar soos ‘n pruim lyk en bles is. My enigste plooie is my vetrolle en dit gaan ek verloor, hy het Botox ernstig nodig. Hy hoes en proes nou al heel week en het reeds al omtrent almal aangesteek. Hy lui aan ‘n verskeidenheid kwale en is gedurig besig om oog druppels in sy oe te gooi en Grandpas loop en soek.

Ek is trots op myself want ek is besig om iets te doen! Ek is klaar besig om sukses te behaal.

Ek het onherroeplik op besluit op my plan en my manier. Dit is om gesond te leef met die klem op leef wat beteken ek gaan aktief word en dit geniet , die lewe geniet, die gewig sal ek verloor al vat dit ook hoe lank. Elke tree maak die volgende een makliker.

Ek het net my naaste naastes in my vertroue geneem en hulle vertel want ek weet hulle gaan my regtig ondersteun. Dan het ek ‘n hele span spesialiste wat my help en hulle betaal ek so hulle doen net hulle professionele plig. Die ander kan gaan bars al wat hulle hoef te weet is elke keer as hulle my sien is ek nog maerder en weer volgende keer as ek die two oceans klaar gemaak het, lag ek laaste.

My ondersteuning span

My Ma
Laksmi, Ma se Indian skoondogter
My Dokter
My Gym instrukteur, Wanda
My Dieetkundige
My Siekundige
Lulu , my jack russeltjie, stap genoot en wie se stert altyd vir sy vet baas waai.

Soos Gerrie Coetzee gesê het ; “ Ek wil net vir my Ma , my Pa en my hondjie Wendy sê baie dankie”

2 Responses

  1. 😆 @ Gerrie Coetzee!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: