My eet strategie

Dis oorlog, ek werp alles in die stryd. My oorlog strategie is:

Ek het half doelbewus half omdat ek nog nie die wil gehad het nie en half omdat ek nie presies ‘n plan gehad het nie, nie van die begin af 100% op ‘n streng dieet gegaan of alles reg gedoen nie.

Eers het ek net begin om soveel moontlik peusel kos en lekkernye uit te sny, geen Simba chips, sjokolade melk skommeltjies, BAR one, droe wors, vleis pasteie, chilli bites, samoosas en wat nog alles wat ek impulsief in winkels en petro stops gekoop het nie.  Daarna het ek en Laksmi begin om die weg neem etes uit te sny, Pizzas Vrydae aande, Sondag ontbyte by koffie winkels Chinees deur die week en Wacky Wednesday burgers van Steers is uit.

Die volgende stap was om die koskas en yskas leeg te maak van alles wat vetmaak, die blokke kaas waaraan ek sonder ophou gepeusel het, Pate, Koue vleis, polonies, koekies, Oros koeldrank, Vrugte sap ens. Daar is met meer sorg kruideniersware, groente en vrugte gekoop.

Teen week drie het ek besluit om terug te val op ‘n dieet wat ‘n dieetkundige vir my voorgeskryf het so 3 jaar gelede van 6000 kj tot tyd en wyl ek weer ‘n afspraak met haar gekry het. Dit behels onder meer 6 klein gereelde maaltye deur die dag. Ek en Laksmi moes in die roetine in kom en my kos pakkie voor te berei elke dag en om elke aand gesond te kook. Teen week 4 het ons dit begin regkry.

So ek maak klein veranderingtjies op ‘n slag oor tyd. Daar is nog baie om te doen, My porsie groote word nie goed dop gehou nie, te veel suiker in koffie dit moet uit (bitter koffie?) Ek drink nog nie genoeg water nie.

Al smelt die gewig nie weg nie ervaar ek baie beter spysvertering, weg is daardie “bloated” gevoel, geen sooibrand, ek is nie meer “constipated” nie, gereeld met my jy weet wat. Ek ervaar nie honger, of “cravings “ nie.

Ek het ‘n afspraak vir die 27 Mei 2009 met die dieetkundige met ‘n brief van my dokter. My Dokter noem dat medikasie bestaan maar ons besluit ek sal dit  eers met die dieetkundige bespreek. Of ek ‘n sielkundige moet sien is ook op die kaarte maar ek sal dit ook eers met die dieetkundige bespreek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: