Week 4

As ek nog nie dramatiese gewigsverlies getoon het nie, het ek beslis ‘n dramatiese omme-swaai met my gesondheid in die laaste vier weke ervaar.

EK is baie meer energiek, ek het meer energie om Saterdag in die tuin te werk, my eie kar te was, die agterdeur area skoon te hou. Ek slaap fantasties en is nie 3 maal ‘n nag op soos ‘n ou man om te pie nie.

Ek is maklik op in die oggend en is nie steeds moeg nie. My voete is nie styf of opgeswel nie.  Ek kry nie meer daai 14:30 – 15:00 moegheid nie , ek kry baie meer gedoen by die werk.

Alles goed en wel tot Dinsdag toe, toe val die wiele af. Krisisse by die werk, deadlines wat dreig, personeel probleme en vergaderings wat al om sirkels gaan en nooit klaarkry nie.

Ek kanseleer met Wanda Dinsdag en Donderdag se sessies. Miskien kon ek Donderdag gemaak het maar ek kanseleer dit sommer voorlopig.

Wanda bel my en praat moed in. Dit help bietjie. Ek dink ek is depresief.

Ten spyte van alles hou ek goed by my eetplan. Dit is ‘n groot oorwinning want onder die omstandighede sou ek alles oorboord gegooi het en ge peusel het as ‘n stress ontlading. Ek is ‘n emosionele eter.

Die hele week 4 en tot Donderdag toe het my gewig bly hang rondom die ou 135-36kg vlak, Donderdag oggend het ek eindelik weer deur die 135 gebreek en weeg in op 134.8kg. Ek dink die vasbyt met die etery begin werk, as ek 133 haal teen einde Mei sal ek baie tevrede wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: