Rook

Ek het nog nooit in my lewe gerook nie, nie skelm op skool, of tydens “smoke breaks” in die army of groot meneer op universiteit nie. Dit was net eenvoudig nooit vir my eens ‘n kwessie of bewustelik ‘n oorweging nie en het my net nooit aan gestaan nie. So maklik soos dit, geen groeps druk nie, niks nie ek was maar net nie ‘n roker nie.

Ek is ook nie jou grootste anti rook aktivis nie, maar een ding kan ek wel getuig. My Pa is aan long kanker dood direk as gevolg van rook en ek glo die kak industriele gasse in die lug wat ons in Sasolburg waar ek groot geword het moes in geasem het. Twee jaar lank was hy siek en het voor my ‘n weg geteer van die siekte. Ek was sewentien jaar oud. As jy so iets beleef het en die ontwrigting en pyn ervaar het. As jy die kans ontneem is om met jou Pa ‘n verhouding te kon hê as volwasse man dan is rook nooit ‘n opsie of ‘n gedagte nie.

Miskien is ek gesonder as wat ek behoort te wees gegewe ek nie rook nie en was dit sover my redding. Die anderkant van die saak is dat omdat ek gedink het “ag ek is gesond want ek rook te minste nie”, ek al die gevare van onaktief wees en oorgewig verontagsaam het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: