Ek is nie ‘n groot eter nie! Hoe het dit dan gebeur?

As ‘n mens nie dagboek hou van wat jy alles eet op ‘n dag nie, dan besef jy nie altyd hoe baie jy in werklikheid eet nie. Onlangs op ‘n BBC program “The truth about food” het hulle ‘n maer persoon en ‘n vet persoon vergelyk en dopgehou. Die veronderstelling was dat sommige maer mense kan eet net wat hulle wil tog bly hulle maer teenoor sommige vet mense wat min eet en net na ‘n stukkie koek kyk en gewig optel. Daar is egter gevind dat die vet persoon inderwaarheid baie meer ge eet het as die maer persoon in teenstelling met wat albei persone geglo het hulle eet.

Ek ontken glad nie dat my eetgewoontes heeltemal verkeerd is nie, my porsies heeltemal te groot is nie, ek is gewoonte peuselaar is ens ens. My aktiwiteits vlak is ook omtrent nul. Maar tog is ek nie ‘n groot eter nie. Ek eet nie groot piramiede borde kos op nie, ek smul nie aan ekstra groot steaks en vetterige braai vleis nie, ek eet nie reuse koeke, pizzas, burgers ens nie. Ek drink omtrent geen alkohol of liters koeldrank nie. Ek eet matig en selfs minder as my vrou.

My dieetkundige het vir my dit verklaar deur te verduidelik dat dit alles maar met die Energie IN = Energie UIT + Energie gestoor te doen het. ‘n persoon hoef net ‘n klein bietjie te veel te eet , ‘n sny brood, byvoorbeeld per dag en oor ‘n tyd sal jy beduidende gewig aansit.

Hoe het dit met my gebeur kom ons doen die wiskunde. Ek is nou al 19 jaar konstant gewig opgetel. Ek is nou 50 Kg oorgewig, dit is 2.6 Kg oor 19 jaar.

Dit is 50 gram ja 50 gram per week oor 19 jaar. 50 gram is soveel soos ‘n vuurhoutjie boksie groote blokkie kaas.

Dit is seker baie simplisties gestel ek het baie meer gewig onlangs opgetel as die eerste jare, tog dit wys jou net.

« »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: