Week 3

Dit gaan elke slag beter by die Gym. Wanda werk my gal vir my. Ons gaan die een middag bietjie buite oefen , langs die strand af en dan op en af teen ‘n stel trappe. Elke keer as ek dink ek kan nie meer nie, maak sy my nog ‘n stel van iets doen. Dis ongelooflik dat ek dit reg kry ek sou dit nooit self sover gedruk het nie.

My liggaam is nou effens meer gewoond aan die oefening. Elke dag voel ek die spiere wat geoefen het sonder dat dit pyn. Ek kan alreeds fiets ry teen ‘n hoer verstelling en die ski/loop tipe apparaat kon ek 8 min van doen waarvan eers ek byna nie eens ‘n minuut kon volhou nie sonder dat my bene amper wou ingee nie.

Ek dink ek het die eerste belangrikste tree gegee. Ek is in die roetine in van oefening en was die laaste 3 weke meer fisies aktief as wat ek letterlik in die afgelope 3-4 maande was.

Ek het die dieet wat my dieetkundige vir my uitgewerk het so 2 jaar gelede (die een wat ek nie langer as ‘n week volgehou het nie) weer uitgehaal. Dit is niks snaaks nie en niks word eintlik uitgelaat nie. Dis eintlik meer kos as wat ek gewoonlik bewustelik eet. (onbewustelike peuselry uitgesluit)

2 Responses

  1. Jou eerste ete van die dag?

    Dis gewoonlik my groot swak punt. Is nie honger deur die dag nie, maar bestorm ook al wat eetbaar is in die aand. En die oplossing is tog so eenvoudig! 😉

  2. Ek is gelukkig want vroulief pak nou alles wat ek nodig het in werk toe. Ek bly maar net nie ‘n oggend mens nie en maak nie tyd om te sit en ontbyt eet nie. Gelukkig het ek nie ‘n verkeers probleem nie so teen 8:00 eet ek ‘n all bran of oats , vrug en yoghurt

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: