Besoek aan die Dokter

Wel, ek het die blog heel dapper en openhartig begin en daarom is ek seker verplig om met die hele sak pattats  voort te gaan. Ek oefen nou al ‘n maand lank. Voordat jy enigsins begin oefen is dit sterk aan te beveel en eintlik verpligtend as jy vetsugtig en oorgewig is om eers by jou mediese praktesyn (Dokter) uit te kom.

Wel ek het eintlik te lank uitgestel maar Vrydag gegaan. Ek was al voorheen by hom oor dieselfde ding (oorgewig). Ek het  toe al het ek ‘n “clean bill of health” gekry, ‘n ernstige waarskuwing oor die risikos van oorgewig en ‘n afspraak met ‘n dieetkundige. Dis nou twee jaar later, en ek is nog swaarder.

Ok die voorlopige ondersoek verbaas eintlik Mr Dokter, Bloeddruk ; geen probleem nie, “random sugar level test” ; 5.8  ek is nie eens pre diabeties nie. Hart; geen fout

Ek wag nou op al die bloed toets uitslae, cholestrol ens. Maandag terug by die Dokter vir EKG toetse ens. Ek het daarop aangedring.

Mr Dokter het egter weer benadruk dat omdat my gewig veral om my maag sit, is ek veral ‘n groter risiko vir chroniese siektes, die soort vet word ook selfs verbind met Altzheimer, dementia, vroe dood.

Dan erken ek dat ek ‘n ernstige snorker is.  Op sy verdere vrae blyk dit dat ek heel waarskynlik aan slaap apnea ly. ‘n moontlik dodelike toestand, ernstig gevaarlik omdat jy eenvoudig ophou asem haal deur die nag en ‘n hart aanval kan kry. Dis bo en behalwe die slegte lewens kwalitiet van altyd moeg wees en gevaar van bestuur terwyl jy lomerig is.

So afspraak by ‘n slaap kliniek is my voorland. Ek vertel verder daaroor.

2 Responses

  1. Jy is nie alleen nie Willewragtig. Vasbyt.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: