Metabolisme

MetabolismEngine

Die begrip metabolisme word altyd oor vereenvoudig beskryf in die massa media tydskrifte. Dit is egter ‘n komplekse en ingewikkelde proses van chemiese reaksies wat plaasvind om die liggaam aan die lewe te hou.  Dit is nie net ‘n proses wat energie aan ons verskaf om aktief te wees nie maar ook om te groei, voort te plant om beskadigde weefsel te herstel en selle te vervang. Alles wat ons as lewe ervaar is as gevolg van die metoboliese reaksies wat plaasvind. Ek was stom geslaan oor die komplekse bio chemiese prosesse wat metabolisme wetenskaplik beskryf, daarom gaan ek ook maar by ‘n oorvereenvoudige beskrywing stilstaan. Lees in Wiki oor Metabolism.

Ek dink dit is belangrik om te verstaan wat metabolisme regtig is teenoor die prentjie wat ons dalk het. Ek het lank met die veronderstelling geloop dat dit werk soos ‘n ou stoom trein enjin, die kole is die kos wat ons eet en ons gooi dit daar in die vuur in en dit word deur verbranding omgeskakel in energie wat die trein laat loop.

As ek die voorbeeld meer akkuraat wil skets moet ek ook byvoeg dat die trein homself sommer ook olie gee, en as ‘n komponent breek sweis hy homself sommer reg, reguleer die stoom druk en temperatuur self , besluit wanneer om te stop en te rus en as ongewenste passasiers opklim soos ‘n virus word hulle gou afgegooi ens.

Die kos wat ons eet verskaf die bronne vir hierdie prossese om plaas te vind as bou materiaal en energie. Ons is dus wat ons eet. Metabolisme (chemiese prosesse wat ons liggaam instand, aktief en aan die lewe hou) skakel voedsel om in energie kilojoules om om daardie liggaams prossese te laat plaasvind.

60-75 % energie word verbruik om jou basiese liggaam funksies te laat werk.

15 – 30 % energie word verbruik vir jou aktiwiteits vlak, oefen hardloop ens. en is dit enigste wat jy direk kan beinvloed.

10% energie word gebruik in die eet en vertering stelsel.

As ek na bogenoemde kyk wil ek die afleiding maak dat die liggaam nie in ‘n sogenaamde “starvation mode “ gaan  as ons op dieet gaan nie. Eintlik skakel ons die metabolisme af  daai 10 % en dit volg dan dat die liggaam nie die voeding het om al die lewensfunksies ten volle te verrig nie en dan skakel ‘n deel van die 60-75 % ook af. So ons enjin brand nou baie laer. Dit is ‘n mite dat die liggaam nou dink hy is in ‘n soort hongersnood. Kan dit dan teen produktief wees om erg te dieet? Dit lyk vir my so.

Laastens jou metabolisme en kilojoule verbruik hang af van baie faktore onder andere hormoon vlakke, spier massa, bou, gewig, genetika gesondheid ens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: