Week 2

Dinge gaan alreeds makliker. My spier pyne van laasweek is weg. Ek dink Wanda besef ons moet stadiger en vermy die apparate. Ons doen net Kardio vir 30 min en vloer oefeninge vir 30 minute. Sy gee my min kans vir rus, slegs ‘n minuut maks nou en dan tussen stelle.

My gewig val van 135.5 kg na 133.4kg. Ek het nog geen dieet uitgewerk of mee begin nie. Wanda het begin gesels oor ‘n eetplan maar sy is nie haastig nie. Ek verkies dit so ek moet eers deur die oefening kom omdat dit alreeds ‘n groot stap vir my is. Ek moet elke gym slag terug voer gee oor hoe dit gaan met die etery en ek voel eintlik maar skuldig. Ek weet waar ek sondig.

Wat het met die etery gebeur die eerste twee weke:

In die eerste week voel ek, ek verdien ‘n beloning en ek en Laksmi gaan eet uit. Ek eet ‘n Groot 500 g Tbone, chips die hele lot. By haar suster oor die naweek is dit lekernye, melkterte, kerries eenstryk deur.

Deur die week  begin ons probeer om meer gesond te eet en alle gemors is uit, niks tjips, coke, pastye of weg neem kos nie. Die porsies bly te groot en ek eet tweede en derde skeppies. Laksmi pak elke dag vir my ‘n hele koel sakkie kos in werk toe, graankos, twee appels, tuna toebroodjie, van die vorige aand ‘n klein bietjie oorskiet kos.

Ek regverdig dit want ek oefen mos nou hard en eet niks gemors nie.

Toe gebeur dit die 2.1 Kg wat ek verloor het verander in 2 kg meer as waarmee ek begin het. Ek is nou nog swaarder, 137 KG!!!

Dis ‘n moerse terug slag. Ek glo dit nie, Die skaal by die huis is duidelik nie reg nie. Ek soek allerhande verklarings, my liggaam hou water terug ens. maar die Gym se skaal bevestig dit. Wat gaan aan?

Miskien is my liggaam in “starvation mode”?

Ek moet eerlik wees en miskien is die probleem dat weens die oefening eet ek meer as voorheen want my liggaam het dalk die inname nodig. Ek het gedink ek kan maar eet die oefen doen sy ding. Die eerste gewig wat ek verloor het het my te gerus gestel. Om eerlik te wees daar was nog steeds te veel sondighede, ‘n Pizza Saterdag waarvan ek ¾ geeet het ens.

Ek het myself die twee weke beloon met kos vir die harde werk in die gym. Dis waar die probleem lê, emosionele eet.

Ek besef dat ek gou met ‘n behoorlike eetplan vorendag moet kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: