In hierdie eerste aflewering gaan ek net vertel van die BMI , daar is baie ander maatstawwe en lengte /gewig tabelle vir verskillende ouderdomme en geslagte om jou ideale gewig te bepaal. Die BMI is ook nie sonder kritiek nie omdat spier weefsel swaarder is as vet kan atletiese gespierde persone se BMI hoog wees tog is hulle nie oorgewig nie.
Die “Body Mass Index BMI index” of Liggaams Massa Indeks in Afrikaans is slegs een maatstaf om te bepaal of jy oorgewig is en dit verwys na ‘n persoon se gewig in verhouding met jou lengte.
Die formule is jou massa in Kg gedeel deur jou Lengte tot die mag twee (Massa (Kg) / (Lengte(m) xlengte(m))
Die Indeks is soos volg;
BMI | Klasifikasie | Risiko – chroniese siektes |
<18.5 | Onder gewig | Lae risiko |
18.5 – 25 | Normale gewig | Normale risiko |
25 – 30 | Oor gewig | Verhoogde risiko |
30 – 35 | Vetsugtig klas 1 | Matige risiko |
35 – 40 | Vetsugtig klas2 | Erge risiko |
>40 | Vetsugtig klas3 | Baie erge risiko |
Jy moet natuurlik ook jou Liggaams samestelling in ag neem, ‘n persoon kan ‘n hoe BMI hê maar ‘n aanvaarbare vet persentasie. So byvoorbeeld sal Arnold die groot Liggaams bouer ‘n BMI van ver meer as 40 hê.
Ek sal ‘n volgende keer verder blog oor die ideale gewig en wat die regte persentasie liggaams vet behoort te wees.
Filed under: Die Wetenskap van dinge. |
Lewer kommentaar