Week 1

Ek het maande selfs jare laas iets aktiefs gedoen. Ek loop so twee keer ‘n week met die hondjie op die strand maar sonder enige regte inspanning. Ek kan amper nie ‘n stel trappe uitklim sonder om te blaas nie. Ek sit heeldag op my gat by die werk ,ry huistoe, lê voor die TV, dan voor die rekenaar en gaan slaap. Ek is ongelooflik onfiks.  Ek kan geen fisiese inspanning volhou sonder om te moet rus na enkele minute nie. Ek is soos ‘n ou mens vol stywigheid en krampe in die oggende as ek moet opstaan.

My eerste afspraak met Wanda, my persoonlike instrukteur is 16:00 , ek vat so half uur vroer af by die werk. Ek is vrek bang vir wat voorlê. Eerstens kan ek nie iets kry wat redelik na oefen klere lyk om aan te trek nie. Ek bel rond vir rugby kort broeke in nommers 44 en groter en niemand het nie. Magtig watter size dra daai groot slotte en stutte? Ek pak toe maar ‘n ou verbleikte rugby short wat nou sit en ‘n golf Tshirt en my nuwe tekkies in ‘n gymsak. Ek begin verskonings uitdink, ‘n meeting, ek is siek, enige iets.

Dit is 20 April merk ek die kalender af. Gelukkig is ek en Wanda gou lekker aan die gesels. Eers Kardio, op die fiets en ek voel onmiddelik spiere werk wat baie lank laas iets gedoen het. Ek sukkel ‘n minuut en my bobene pyn, verstel die moeilikheids vlak een af dit gaan beter , 2 minute en weer, my boude begin pyne kry, ek blaas soos ‘n stoomtrein, maar Wanda vat my deur 12 minute. Dan die stap meul, dit gaan beter ek is gewoond aan die stap maar die pas is vinnig , nog 15 minute. Ek sweet strome en blaas en hyg na asem.

Ons doen vloer oefeninge met gewiggies en opstote op ‘n apparraat. Wanda kry my deur 4 stelle van 15-20 elk per oefening. Ek het nie gedink dis moontlik nie. Ek sou dit nooit self kon doen nie. Onmiddelik tree die gevoel van euforie in na die oefen sessie, ek voel so goed. My longe voel skoon. En ek voel sommer energiek en ry huistoe met die nuwe U2 , “no line on the horizon” in die CD speler.

Woensdag , stemdag vakansie dag en ons ontmoet 9:00 en ek en Wanda gaan weer deur dieselfde roetine.

Die naweek gaan ek en Laksmi by haar suster op Graaff Reinet kuier, Ek kanseleer my Saterdag afspraak. My arms is so seer ek kan hulle nie buig om kos in my mond te sit nie. My skouers voel of iemand hulle lam geslaan het. My maag spiere voel ek kan nie beweeg of hard lag nie dan voel ek hulle. Ek voel of ek uit ‘n boksgeveg kom.

Maar dis ‘n lekker pyn en ek voel in die wolke ek het die eerste week gemaak!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: