Kry ‘n Persoonlike Instrukteur en maak ‘n goue belegging.

imagespt

Ek het die afgelope jare telkemale begin om iets  “ernstig” te doen om gewig te verloor. Ek het al twee keer by Gymnasiums aangesluit, by die eerste een het ek die vorm ingevul, aansluitings fooie en die eerste maand betaal en nooit weer terug gegaan nie. Ek het later by Virgin Active aangesluit, vir ‘n maand of so gegaan maar daarna opgehou. Dit was dieselfde met Sureslim, ek het ‘n volle jaar se fooie vooruit betaal maar net vir een inweeg gegaan. Ek het ook nie volgehou met my Dieetkundige se afsprake nie.

So wat was fout? Het ek net eenvoudig nie die motivering gehad nie? Het die nodige aanmoediging en ondersteuning gekort?

Toe ek en Laksmi hierdie slag by die Gym aansluit het ons van die staanspoor besluit om ‘n persoonlike instrukteur te kry. Ek het 3 keer per week met Wanda afgespreek. Teen R100 per sessie is dit nie noodwendig goedkoop nie. Hier is hoekom dit vir my werk:

1        Ek en Wanda het al klaar ‘n goeie spangees verhouding opgebou en sy ondersteun my en moedig my aan, wat my baie meer positief laat voel en inspireer en maak glo dat ek kan.

2        Sy is ‘n professionele liggaamsbouer, en voormalige vroue Springbok rugby speler. Sy weet wat sy doen. Ek put dus die beste ondervinding hieruit.

3        Elke sessie is 100% effektief. Waar ek voorheen sou oefen en dink dis sover ek kan of ek is nou moeg, dryf sy my tot my maksimum. Ek sou nooit daardie ekstra intensiteit gegee het of daardie ekstra 2 stelle gedoen het op my eie nie.

4        Dit is nie so maklik om afsprake te kanseleer net omdat jy nie lus voel nie. Ek het nie meer daardie verskoning van,”ag ek sal more gaan nie”

5  As jy soveel gewig wil verloor soos ek moet is dit nie ‘n eenvoudige besluit nie, jy moet profesionele hulp kry.

Ek sal vir enige iemand aan beveel om ‘n goeie persoonlike instrukteur te kry. Ek kry die nodige professionele aandag. Dit is beslis die beste belegging wat ek sover gemaak het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: