Dis ek – my storie

“My naam is Willie en ek is verslaaf aan eet.”

Ja dit is hoe ek myself behoort voor te stel aan die lesers van hierdie blog. Kyk ek is 43 jaar oud, erg, baie erg oorgewig, heeltemal onfiks is en loop die gevaar om chroniese kwale soos diabetes of hart siektes op te doen? Ek is mismoedig, selfbewus en doodeenvoudig ongelukkig.

Ek het op ‘n punt gekom waar dit tot my deurgedring het , EK MOET IETS DOEN!, JY IS VET! . JOU GESONDHEID IS IN GEVAAR!

Ek wens dit was so eenvoudig soos om net minder te eet. Al sê ek ek is verslaaf aan kos is ek eintlik ‘n matige eter. Nou hoekom lyk ek soos ek is?

Dit is deels die doel van die blog om tot die wortel van alles deur te dring, navorsing , inligting bekom, self introspeksie ens. en dit wat ek leer en my eie ervaring hier te blog.

Ek is ‘n rasionele, intelligente persoon met goeie gesonde verstand. Ek het ook al genoeg literatuur gelees om ‘n goeie idee te he wat ‘n gesonde lewenstyl behoort te behels. Verder het ek ‘n kleintjie dood aan gemors wetenskap soos die nonsens wat die maer maak bedryf aan ons probeer verkwansel.

Ek glo dat ek net blywende resultate sal behaal as ek; reg en gebalanseerd van die regte hoeveelhede eet, ‘n aktiewe lewenstyl aankweek en genoegsaam oefening doen en ek my Kop regkry oor hierdie dinge.

So dit gaan oor die Eet, die Oefen en die Gees.

Ek hoop jy loop die paadjie oor die volgende klomp blogge saam met my.

One Response

  1. Louis,

    Baie dankie weereens vir die heerlike kuier. Dit is wonderlike nuus dat die gedwonge “pub-lunches” nie noodlottig was nie! Jou website is inspirerend…

    Groete,
    Schalk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: