Die tweede aflewering van my storie

Ek is 45 Kg oor gewig , dis moerse baie.

Daarom het ek besluit tot hier en nie verder nie.

Hoe presies dit gaan werk , wat my plan is wat my vooruitsigte is hoe lank dit gaan neem . Dit alles is nog half duister en onbeplan.

Dit is nie die normale ek nie. Ek is ‘n beplanner in die ergste graad. Ek kan ‘n projek tot die fynste besonderhede beplan en vooruit loop.

Dit was deels my probleem , telkemale wanneer ek in die verlede besluit het om iets aan my lewenstyl te doen, het ek eers hewig aan die beplan gegaan. Talle programme uit gewerk, rekenaar sprei tabelle gemaak met doel wit grafieke en daaglikse data , eet dagboeke, dieete oefenprogramme vir maande vooruit.  Ongelukkig  is dit waar dinge gewoonlik geeindig het.  Ek het myself gekul en gevoel ek doen iet somtrent my saak tog het ek nie.

Hierdie keer is anders, ek het sonder om te wik en te weeg die Bul by die horings gepak.

Geen plannetjies of slim idees of dieete nie wat Maandag sal begin nie, NEE

Net Doen !!! Nou !! Sonder om te dink!!

Ek het by ‘n gymnasium aangesluit, ‘n persoonlike Instrukteur gekry vir ‘n begin. Ek het besluit om ‘n gesond te eet , te oefen en my kop reg te kry.

Ek het ‘n begin gemaak en dit is wat belangrik is die detail sal volg.

Stop om te beplan oor die dag wanneer jy gaan begin !! Begin NOU!!!!

One Response

  1. 45 kg is baie. Maar jy weet dit ook. 😉

    Baie sterkte! Ek sal jou dophou en aanmoedig en onner die alie skop wanneer dit nodig is! 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: