Dit gaan bietjie dol.

Dit gaan bietjie dol met my en met al die dieet dagboek en oefening dagboek byhou kom ek nie by die blog uit nie. Ek moet nog oor week 8 en 9 blog. Hier is solank ‘n paar kort nuusflitse:

My dieetkundige beveel ‘n  Lae Vet Lae GI dieet aan.

CompanyBig

Hierdie is ‘n goeie skakel na die GI Foundation of  SA.

Die aller gewilde Eet vir volgehoue enegie resepte. Bestel by die GI Foundation of kry dit by jou boekwinkel. Daar le stapels van die boeke in my naaste exclusive books:

Eet_20vir_20volgehoue_20energie_202Evve3-big

Dan het ek hierdie lekker fiksheid tydskrif raak geloop.

cover24

Dis gemik

op die Dames en propvol goeie fiksheids dinge en oefen programme.

Natuurlik baie fietse lyfies vir die manne se dwalende oe so koop hom maar as ‘n ” geskenkie” vir vroulief , Menere.mag

Die MEN’S HEALTH magazine het my effens begin irriteer met hul soms banale artikels soos hierdie maand weer “How to make your place girlfriend friendly” huh?

My gunsteling produk Parmalat se Fabulite drinking yoghurt die laagste Kj van enige Yoghurt wat al tee gekom het. Ander vetvrye yoghurt het soms dubbel die kilojoules. Die GI foundation ondersteun ook die produk. 14

Op die oomblik is my gunsteling Xbox 360 speletjie; “Mirror’s edge”  Iets heeltemal anders. Geweld word ontmoedig in die speletjie.  Faith die hoof karakter is ‘n ratse meisietjie wat van gebou tot gebou  spring, langs mure op hardloop en teen geute op klouter so rats en  so vinnig as wat sy kan.  Die visuele is so fantasties en werklik in pragtige skerp skakerings van wit en rooi en blou. Nie ‘n speletjie wat jou trigger happy tiener noodwendig van sal hou nie.  Beter as rugby kyk op ‘n Saterdag of drie biere in die pub. Beslis!mirrors-edge-20080820034727863_640wmirrors-edge-20080820034709988_640w

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.