Wat werk vir jou?

berthaIn ‘n onlangse Huisgenoot is ‘n artikel oor Emma van Sewende laan. Sy vertel hoe sy 20 Kg in slegs 3 maande verloor het met die Dr Cohen dieet. Volgens haar hoef sy dit glad nie in ‘n gym uit te geswoeg het nie en kon sy haar gewone kos eet (nie slaaiblare en sop nie)  Sy lyk regtig fiets en vrolik en is duidelik self die bewys van die dieet se resultate. Lees hier ‘n resensie oor die dr cohen dieet.

Al wat ek wil se is dat 20 Kg in 3 maande  net ongelooflik baie is.   Dit is 1.6 kg elke week.  (aanbevole verlies is tussen 500g en 800g per week) Dit moet ‘n hongerly dieet wees wat na my mening nie net vet metaboliseer nie. Die gevolge kan wees dat as jy ophou,  jy net nog meer gewig gaan aansit.  Dit is ‘n bekende patroon by mense wat met kits dieete sulke  vinnige gewigs verlies toon.

Die verslankings bedryf is ‘n multi multi miljoen dollar besigheid. Daar is ‘n legio dieete, produkte, oefen apparate, sisteme, gewigverloor klubs ens. Die meeste van die goed het fyn skrif wat maan dat dit slegs werk tensy dit tesame met ‘n gebalanseerde dieet geneem word en ander is bloot foefies en ‘n pseudo wetenskap verneukery. Iets soos die Atkins dieet is eenvoudig net medies gevaarlik vir jou op die lang termyn.

Jy moet die keuse maak. Wat werk vir jou? Gaan jy eerlik wees met jouself?  Gaan jy weereens vir die soveelste keur ‘n kits oplossing soek? ‘n “Celeb” dieet probeer? Geld vermors. Gewig verloor en later net weer meer aansit?

Baie mense met opregte bedoelings beveel gedurig allerhande dieete of programme vir my aan met stories oor ongelooflike resultate. Ek is baie skepties wanneer dit by enige gewigs verlies goed kom wat aan mens probeer verkoop word. Ek vertrou op my gesonde verstand en berus op baie baie leeswerk sover oor gesonde leef  en eet beginsels.  Baie goed is eenvoudig nonsens. Kyk byvoorbeeld die advertensies vir “slim coffee” Jy drink die koffie en dit maak jou maer! ag nee wat. Die ergste is die foefies maak miljoene uit mense wat maklike oplossings soek.

Ek glo alle van die meer “aanvaarbare dieet metodes” het ook hul kritici en nadele. Daar is baie waarmee ek in beginsel geen probleem mee het nie en wat  eintlik selfs goed en aan te beveel is. Ek dink aan iets soos Weigh less bv. Ek weet egter Weigh less en Sure slim  werk nie vir my nie. Ek kan eenvoudig nie al my kos heeldag en aldag weeg en of punte tel nie. Ek het persoonlik ‘n geloofwaardigheids probleem teen oor die groepsleiers van die klubs. Ek verkies my opgeleide spesialis span dokter, dietkundige, Gym instrukteur en Sielkundige. ‘n Maer poppie ,omdat sy maer is weet nie noodwendig hoe om ‘n ernstige siekte soos “obesity” te hanteer nie. Nog minder wil ek weekliks in groepies bymekaar kom vir inweeg nie.

Dr Phil se bekende sê ding is “Does it work for you?” As jy slegs ‘n paar kilos voor die groot aand wil verloor om in jou swart nommertjie in te pas, jy het nie sielkundige eetprobleme nie en is redelik aktief. Dan kan enige van die kits soort dieete wat jy nie vir lank hoef vol te hou nie werk en net die ding wees vir jou!

Hier is my raad:

Lees die bladsy op my blog oor hoe om gewig te verloor.

Wees baie eerlik met jouself. Hoekom is jy oorgewig. Doen ‘n diep eerlike self ondersoek.

Die antwoord kan baie eenvoudig wees. Dalk is dit omdat jy heeltemal onaktief is. Wel jy weet wat jy dan moet doen né? Dalk het jy net nie op gehou eet na jou liefdes terleurstelling nie. Wel, troos jy jouself met Kos? Laat dit jou beter voel? 10 teen een voel jy nou nog misliker omdat jy nou nog boonop gewig aansit. Wys daai eelt van ‘n vent wie jy is en hou op treur en eet en raak aktief en fiets.

Hoe erg oorgewig is jy? Ek glo enige ernstige oorgewig kan nie net een dimensioneel aangepak word nie. Ek glo jy sal ‘n totale aanslag moet loods, eers medies met jou doktor, dan sal jy die EET, OEFEN en GEES deel van jou hele leefstyl moet ondersoek en aanpassings maak.

Hoe ek dit doen werk vir MY onder MY omstandighede. Die oplossing het nie in ‘n OOGWINK by my opgekom nie. Ek het nie sommer op ‘n dag iets gelees en WOEM daar is dit nie. Baie lank het ek  tref en trap alles probeer. Gesukkel en moed verloor.  In my geval nooit eens regtig begin nie voor dat ek opgegee het.

Ek is persoonlik OORTUIG van my aksie plan, ek is GEMOTIVEERD, ek GLO dit is die oplossing, dit werk alreeds. Ek voel al klaar soos ‘n NUWE mens. DIT WERK VIR MY!

My manier van doen  en die lang doelwit (2 JAAR) wat ek stel is dalk nie vir jou nie.

Vind wat werk vir jou!  EK daag jou uit om na jou self te luister!

2 Responses

  1. Ek weeg 141.5 kg en het alles al gebruik en probeer doen om gewig te verloor. Internis het gesê dat ek aan obesitie ly. Ek sal graag meer wil weet oor die operasies wat hulle doen om mense soos ek te help. Dieet en oefening is nie eers n opsie nie. As julle my kan help sal ek ewig dankbaar wees.

  2. Try to lose weight.

Lewer kommentaar