Gesonde liggaam gesonde gees

Laksmi sê ek het “miserable moods”, ja ek kan plein knorrig wees op die beste van tye. Die waarheid is egter dat my oorgewig en onfiksheid ‘n direkte invloed het op my emosionele en geestes gesondheid. My oorgewig het my selfbewus gemaak met ‘n lae self beeld, ek het meer gevoelens van negatiwiteit en depressie. My lae vlakke van energie maak dat ek stress moeiliker hanteer, minder effektief my werklas hanteer en minder “lus is om dinge te doen” is. Ek ervaar tye van totale moegheid in die laat agtermiddag. So kan ek aangaan met die lysie. Gewoon gestel is ek op hierdie stadium ‘n meer ongelukkige as gelukkig persoon.

Ek het nou al 8  Gym sessies saam met my persoonlike instrukteur ,Wanda, agter die rug en al klaar gaan dit stukke beter. Ek is gemotiveerd en vat die oefening ernstig op en selfs al is ek hoe moeg na werk na ‘n uitputtende Gym sessie voel ek meer verfris en energiek as voor dit. O ja en ek slaap baie beter.

Dit is waar, ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.

P.S.
Die boonste stukkie het ek geskryf so rukkie gelede. My Dokter het in tussen moontlike Slaap apnea by my gediagnoseer, ek moet nog na die slaap kliniek gaan en deur die spesialiste ondersoek word. Dit verklaar egter die “totale moegheid in die middag”.

Ja alles deel van hierdie ommekeer reistog van my. As ek nie die Bul by die horings gepak het en self verantwoordelikheid geneem het vir my gesondheid nie, sou ek nie eens by die Dokter uit gekom het nie. Ek sou nie bewus gewees het van hierdie potensieele dodelike toestand “Slaap apnea” nie en die moegheid en inbreuk op lewens kwaliteit wat dit veroorsaak nie. Ek sal nog blog oor hierdie ervaring.

Sover dankie vir :

Boendoes
Plaasjuppie en
Eelt

vir die ondersteuning.

About these ads

4 Responses

  1. Ag, man, ek hoop van harte jy volhard. Die resultate is dalk nou nog bietjie min (vir jou), maar dit maak al klaar vir flippen inspirerende leesstof.

  2. Waar ding wat jy hier praat. Ek het self agterkom dat namate my gewig klim en aktiwiteitsvlakke afneem, het my depressie buie ook verleng en verdiep.
    Ek het jou blog net betyds raakgelees, net die feit dat daar iemand anders is wat ook deur dieselfde as ek gaan het al die verskil gemaak.
    Gedurende die maande Maart/April het my gesonde leefstyl so bietjie in vryval gegaan en ek het begin om weer gewig aan te sit teen ‘n lelike tempo, gelukkig het ek jou toe raakgelees en dit my weer motiveer om weer die leisels op te neem.

    Dit is nie ‘n maklike paadjie nie. Jy gaan afdwaal van tyd tot tyd. Dit is ‘n langtermyn (lees lewenslange) projek. Maar weet daar is mense wat dieselfde stryd stry, so vasbyt sterkte en hou jou oë op die doelwit.

    • Plaas juppie ek is baie bly dat die blog iets vir jou ook beteken. Ek het die blog begin nie as ‘n “brag” stuk nie maar dit het begin as ‘n eet dagboek en rekord van my oefen program en gewig op excel spreiblad ek dog toe maar hoekom maak ek nie eerder n blog hiervan nie. Nou vind ek dit help my om aktief myself te herinner word aan my poging

      Glo my dit gaan glad nie maklik nie, elke week maak ek verskoning werk kamtig te hard en mis ‘n gym sessie, eet vroulief se hele blok sjokolade op wat sy weg gesteek het ens.

      Dankie en ook sterkte vir jou.

  3. Eet elke dag ‘n appel vir mooi rooi wange en goeie gesondheid. Pampoen vir krulhare en spinasie vir sterk spiere. Vis maak jou slim en wortels eet jy vir blink gesonde oe.
    Mieliepap maak jou sterk en vleis gee krag …
    Dit is “gesond” eet soos ons dit eens leer ken het, want dit was die stories wat mammas vir wederstrewige kinders vertel het, sodat hulle groente moet eet!
    Dit is immers nie die hele storie van gesond eet nie. Die groot “geheim” van goeie gesondheid le opgesluit in ‘n gebalanseerde lewensstyl waarvan gebalanseerde eetgewootes, die korrekte voedsel keuses, gereelde oefening en gesonde denke en ‘n hart vol liefde, die belangrikste is.

    Om te eet kan een van die grootste lekkertes in die lewe wees. Die kos wat jy eet bepaal egter hoe jy voel. ‘n Gesonde eetprogram het ‘n gesonde ” JY ” tot gevolg!
    Om gesond te eet beteken om gebalanseerd te eet. Dit beteken nie dat jy ‘n vegetarieer moet word of dat jy ‘n obsessie moet ontwikkel oor wat jy mag en nie mag eet nie.
    Inteendeel, ‘n gebalanseerde eetpatroon bestaan uit al die nodige voedelgroepe en verskaf die nodige koolhidrate, vette, proteiene, minerale, vesel en vitamiene wat jou liggaam benodig om optimaal te kan funksioneer.

    So terloops, elke keer wanneer jy nie lag nie, sak dit af en gaan dit in jou heupe!

    XXX

    Kaalvoet jasmyn

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: