Week 15 en 10 kg verloor!!

Operasies vir vet

‘n Vraag van ‘n leser het my diep getref en ek het besluit om dit as ‘n blog inskrywing daarop te antwoord.  Ek dink ek verstaan iets van die desperaatheid van die persoon.Die vraag was;

“Ek weeg 141.5 kg en het alles al gebruik en probeer doen om gewig te verloor. Internis het gesê dat ek aan obesitie ly. Ek sal graag meer wil weet oor die operasies wat hulle doen om mense soos ek te help. Dieet en oefening is nie eers n opsie nie. As julle my kan help sal ek ewig dankbaar wees.”

Ek kan nie meer beklemtoon dat hierdie blog gaan oor gesond leef, gesond eet en n gesonde geestestoestand nie. Ek lei ook aan obesity of vetsugtigheid. As jou BMI groter is as 40 word jy as ‘n klas 3 Obese persoon geklassifiseer, dis erg vetsugtig. Die toestand plaas jou in die hoogste vlak van risiko om ernstige chroniese siekte toestande op te doen soos hart siektes, diabetes ens.

Vetsugtigheid is ‘n siekte toestand en moet medies behandel word. As jy alreeds ‘n Internis besoek het sal ek neem aan dat die alreeds vir jou behandeling voorgeskryf het.

Operasies om gewig te verloor is ver buite die bedoeling van die blog en ek glo GROOT risikos en moontlike komplikasies gaan daarmee saam. (Laas Sondag was daar ‘n insetsel op Carte Blanche ) ‘n Mediese spesialis soos jou internis behoort jou hiermee raad te gee. Ek glo dat operasies slegs gedoen sal word indien jou lewe in oombliklike gevaar is weens jou obesiteit of dat jy drastiese gewig moet verloor sodat ‘n ander lewensnoodsaaklike operasie gedoen kan word.

Die ander baie belangrike aspek wat jy sal moet aan dink is die volgende; Daar bestaan ‘n Obese persoonlikheid , daar is ‘n besliste sielkundige aspek wat waarskynlik aanleiding gee tot jou oorgewig en dan verder weens jou oorgewig net vererger.

Ek was ‘n kompulsiewe eter, ‘n emosionele eter. Ek het geeet as ek gefrustreerd was , ongelukkig, verveeld, en dan selfs as as gelukkig was of as ek iets goed gedoen het het ek dit gevier met eet.  Baie persoonlikheids probleme gaan hiermee saam, swak selfbeeld as voorbeeld.  So indien jy nie die sielkundige probleem aanspreek nie gaan geen operasie jou help nie.

Ons is nie ongelukkig omdat ons vet is nie, Ons is vet omdat ons ongelukkig is.

Vordering2

Week 12 is verby en raai,…. 8.4 Kg in totaal af

12 weke 8.4 kg gone deur die 130 gebreek. Ek het lank by die 131 -132 Kg vasgehak.  Die dieetkundige se eetplan het na die eerste verfyning baie goed begin werk.  Ek het Familie gehad wat die week by my gekuier het en tenspyte van pub lunches, ‘n bier of twee en dat my roetine verbreek was wys die skaal die resultaat. Al spring ek op en af op die skaal hy gaan nooit weer 137 wys nie!!! My afspraak met die dieetkundige is Vrydag, kan nie wag nie.

Dit gaan bietjie dol.

Dit gaan bietjie dol met my en met al die dieet dagboek en oefening dagboek byhou kom ek nie by die blog uit nie. Ek moet nog oor week 8 en 9 blog. Hier is solank ‘n paar kort nuusflitse:

My dieetkundige beveel ‘n  Lae Vet Lae GI dieet aan.

CompanyBig

Hierdie is ‘n goeie skakel na die GI Foundation of  SA.

Die aller gewilde Eet vir volgehoue enegie resepte. Bestel by die GI Foundation of kry dit by jou boekwinkel. Daar le stapels van die boeke in my naaste exclusive books:

Eet_20vir_20volgehoue_20energie_202Evve3-big

Dan het ek hierdie lekker fiksheid tydskrif raak geloop.

cover24

Dis gemik

op die Dames en propvol goeie fiksheids dinge en oefen programme.

Natuurlik baie fietse lyfies vir die manne se dwalende oe so koop hom maar as ‘n ” geskenkie” vir vroulief , Menere.mag

Die MEN’S HEALTH magazine het my effens begin irriteer met hul soms banale artikels soos hierdie maand weer “How to make your place girlfriend friendly” huh?

My gunsteling produk Parmalat se Fabulite drinking yoghurt die laagste Kj van enige Yoghurt wat al tee gekom het. Ander vetvrye yoghurt het soms dubbel die kilojoules. Die GI foundation ondersteun ook die produk. 14

Op die oomblik is my gunsteling Xbox 360 speletjie; “Mirror’s edge”  Iets heeltemal anders. Geweld word ontmoedig in die speletjie.  Faith die hoof karakter is ‘n ratse meisietjie wat van gebou tot gebou  spring, langs mure op hardloop en teen geute op klouter so rats en  so vinnig as wat sy kan.  Die visuele is so fantasties en werklik in pragtige skerp skakerings van wit en rooi en blou. Nie ‘n speletjie wat jou trigger happy tiener noodwendig van sal hou nie.  Beter as rugby kyk op ‘n Saterdag of drie biere in die pub. Beslis!mirrors-edge-20080820034727863_640wmirrors-edge-20080820034709988_640w

Die prys wat jy in munt betaal.

Gestel ek hou by my beter eetgewoontes en sny alle peusel en gemorskos uit vir die volgende twee jaar.  (2 jaar vir sommetjies doeleindes, ek is nie van plan om ooit weer so te eet nie.) Die volgende is kos wat teveel geeet was, peusel kos, dit het nie ‘n gewone maaltyd vervang nie! Dis bloot onnodig geeet. Oor die volgende 25 maande of 112 weke of 730 dae gaan ek nie;

Continue reading

Wat werk vir jou?

berthaIn ‘n onlangse Huisgenoot is ‘n artikel oor Emma van Sewende laan. Sy vertel hoe sy 20 Kg in slegs 3 maande verloor het met die Dr Cohen dieet. Volgens haar hoef sy dit glad nie in ‘n gym uit te geswoeg het nie en kon sy haar gewone kos eet (nie slaaiblare en sop nie)  Sy lyk regtig fiets en vrolik en is duidelik self die bewys van die dieet se resultate. Lees hier ‘n resensie oor die dr cohen dieet.

Al wat ek wil se is dat 20 Kg in 3 maande  net ongelooflik baie is.   Dit is 1.6 kg elke week.  (aanbevole verlies is tussen 500g en 800g per week) Dit moet ‘n hongerly dieet wees wat na my mening nie net vet metaboliseer nie. Die gevolge kan wees dat as jy ophou,  jy net nog meer gewig gaan aansit.  Dit is ‘n bekende patroon by mense wat met kits dieete sulke  vinnige gewigs verlies toon.

Die verslankings bedryf is ‘n multi multi miljoen dollar besigheid. Daar is ‘n legio dieete, produkte, oefen apparate, sisteme, gewigverloor klubs ens. Die meeste van die goed het fyn skrif wat maan dat dit slegs werk tensy dit tesame met ‘n gebalanseerde dieet geneem word en ander is bloot foefies en ‘n pseudo wetenskap verneukery. Iets soos die Atkins dieet is eenvoudig net medies gevaarlik vir jou op die lang termyn. Continue reading

Vordering

Week 8 is eers more verby maar ek kon nie wag nie en het sommer al my twee weeklikse skaal opgedateer.

8 weke Totaal verloor 5.7 Kg Continue reading

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.